Wednesday 6 March 2013

Vroeë Verassing

Vanoggend kon ek nie my oë glo toe ek sien my beet het kopuitgesteek nie! Wow - nou begin dinge rerig gebeur. Dit kan dalk iets te doen hê met die heerlike warm dag wat ons gister gehad het - byna 15grade. In die Kaap klink dit sekerlik nie na veel nie, maar hier in Epsom het ek glad gevoel of ek 'n somer rok wou aantrek en het middagete lekker in die tuin spandeer.
Ja, ek weet hulle is nog klein, maar darm iets om al oor opgewonde te raak. Veral omdat ek die meeste na die beet uitsien, en hier is hulle aan die groei. Verder kan ek ook sweer die een komkommer is aan die koekeloer, maar ons sal maar sien.

Oor die naweek het ek aarbei steggies bestel - wat nog nie 'n opwagting gemaak het nie - en toe sommer terselfde tyd 'n klein pakkie mielie saad. Ek was nie van plan om mielies te plant nie, want daar is skaars plek oor vir enige iets, maar toe ek die saadjies op 'n afslag sien, het dit my skielik herhinner aan my Oupa Knoetzer se groente tuin.

Oupa Knoetzer se groente groei moet seker maar in my gene wees. Sy hele ageterplaas in Parrow was daaraan toegewei. Hy het beet, uie, boontjies en selfs grenadella gegroei. Daar was 'n hoop ander dinge, maar sy rye mielies het my altyd vreeslik beindruk. Lank en regop en die pragtigste kleur groen, met die son wat so deur die blare skyn - salig. So toe ek die pakkie saad so op die internet sien, kon ek hulle nie weerstaan nie.

Vannaand het ek sommer goed gebruik gemaak van ou toiletrolle en my mielie saad geplant. Die ou rolletjies werk lekker, want hulle bied diepte vir wortels en die karton hou dinge lekker klam. Tien teen een kan jy hulle net so uitplant ook, sonder om die rol te verwyder, maak net die bodem oop, maar ek doen gewoonlik nie dit nie.



As enige iemand raad het met mielies, deel gerus, want ek het nie 'n clue nie en sal maar moet kyk hoe dinge gaan. Wel, so ook seker met die res van die groente - en die tegniek werk sover heel goed. Doen jou beste en praat mooi met jou plante - dan kan dinge mos nie te ver verkeerd gaan nie. Wel, tot die goggas opdaag - en glo my, hulle luister nie na mooi praat nie.

2 comments:

  1. Sus, Jy moet fyn gekapte eierdopper om die plantjies gooi dit hou veal die slakke weg ook ou teesakkies. So 'n knoffel plantjie of 2 in die tuin hou ook goggas weg - mens kry 'n knoffel blomplanjie wat pers blomme gee dis mooi in die tuin en hou ook goggas weg. Geniet die tuin. Ja oupa het lekker tuin gemaak - ek dink veral aan an die boontjies wat hy geplant het en die skorsies en pampoen - ai wat het van daai ou tuintjie geword. Geniet jou tuin dis "siels kos"

    ReplyDelete
  2. Goeie raad - dankie Mams! Ek het al klaar 'n hoop eierdoppe gereed, maar ek sal moet begin tee sakkies spaar. Ek het ook van daai pers knoffel blommertjies gekoop, want ek het gehoor hulle werk so goed - ons sal kyk hoe werk hulle hierdie jaar. Ja, daai boontjies was die beste - en Ma se boontjie bredie!

    ReplyDelete