Sunday 10 March 2013

Ons ♥ Beet...en brood

Ek gaan nog baie aangaan oor die wonders van beet! Nie net verlaag dit hoë bloeddruk nie, maar dit maak jou slimmer, reguleer die sure in jou maag en is kanker werend. Ek en Juan versap dit ook gereeld - dit is rerig lekker en sommer baie gesond. Gister het ek die lekkerste Beet Tert opgemaak - probeer dit gerus.

Maklike Beet Tert

1 x Groot Beet
1 x Klein Rooi Ui
60g Feta
1 x All Butter Puff Pastry
Balsamic Vinegar, Tiemie & Heuning

Sny die beet in klein blokkies (net so onder 1cm²) en stoom dit liggies gaar, maar nog ferm. Terwyl dit stoom kan jy solank jou deeg uitrol en laat rus op 'n oondplaat. Sny die ui in dun halfmaantjies en week in die asyn, met miskien so 'n bietjie suiker/heuning. Die ui sal die asyn opdrink en dan so lekker pap en bruin wees. Laat die beet so 'n bietjie afkoel voordat jy dit op die deeg plaas - ek het dit sommer met 'n klein bietjie koue water afgespoel. Versprei die beet bo-oor die deeg, gevolg deur verkrummelde feta, strooi dan tiemie bo-oor en sit heel laaste die balsamiese uie skyfies op en drizzle heuning bo-oor. Bak in die oond tot die deeg lekker gepof en gaar is - so 15-20 minute of 180 grade.



Na laas Sondag se brandwonde is dit seker 'n wonder dat ek nog lus is vir broodbak, maar daar was so min skade en 'n vars warm brood bring soveel plesier. My vingers het toe nooit enige blase gemaak nie en na die eerste aand se pyn, het hulle ook nie te sleg gevoel nie. 'n Week later, en jy sal nooit weet iets het gebeur nie - net nie seker hoe my vingerafdrukke op die oomblik lyk nie - my een vinger het 'n hele patch missing.

Vandag se broodjie het ek al gisteraand 8uur aan die gang gesit en hy het heel nag gestaan en gis. Ek het ook die resep aangepas deur een koppie wit broodmeel te verruil vir een koppie volkoring meel met hawer.


Ek dink hy het heel lekker uitgekom en is seker Juan gaan hom die week baie geniet.

O, en as jy gewonder het hoe gaan dit met my plantjies...


...dit gaan sommer baie goed, dankie! Nou moet hierdie koue weer hulle net nie staan en ongelukkig maak nie. Blykbaar gaan dit more sneeu en die nagte bly in die minusse.

No comments:

Post a Comment