Maar wat praat ek van plantjies uitplant, hulle is nog maar net saaidjies wat nog moet groei voor ek kan droom van uitplant. Dit is nou wel nog te koud om my spanspek saad uit te toets, maar die tamatie, beet, komkommer en murgpampoentjies is al gesaai in hul klein potjies en staan onder ‘n warm radiator.
Ek kloek behoorlik oor hulle en spuit gedurig met ‘n water spuitjie om te verseker die grond bly klam, droog nie uit nie, maar raak ook nie te nat nie. As ek gelukkig is behoort ek een of ander tyd ‘n paar groen koppies te sien. En deur so vroeg te begin het ek darm tyd vir weer probeer as hierdie spul nie uit werk nie. Party mense glo daarin om ‘n oormaat te saai en dan net die heel beste uit te plant en die res weg te gooi, maar ek kan dit nooit oor my hart kry om ‘n plantjie weg te gooi nie, so ek sit maar al my hoop op die paar saaidjies wat ek geplant het. Daarom beplan ek op 2 murgpampoentjie plante, 2 tamatie plante, 2 komkommer plante en soveel beet as wat ek kan in pas. Sover het ek 8 beet saadjies gesaai en behoort 16 plantjies te kry uit die lot – beet gee altyd meer terug as wat jy insit – te verstane dat dit een van my gunsteling groentes is. Goggas eet dit ook nie en verder weerstaan hulle byna alles en is lank nog aan die groei na alles gevrek het. Ah beet!Vandag het my Thompson & Morgan saad ook opgedaag – dis nou my sonneblomme, chives en so. Daar is geen haas nie, want hulle sal ek sommer buite in die grond plant sodra die weer behoorlik opgewarm het. So ook vir die mange tout – hulle plant ek sommer direk in die grond, want hulle groei so maklik en vinnig.
Ek en Juan sal ook ons ‘Arch’ moet gaan installeer om te kyk of hy gaan werk vir ons mange tout, komkommers en spanspek. Tien teen een gaan ons nog ‘n arch moet gaan koop. Sit sommer ‘n groot glimlag op my gesig as ek dink aan alles wat nog kom. Is dit nie wonderlik wat die aarde jou alles kan bied nie, met net ‘n bietjie werk en hulp van jou kant af.
No comments:
Post a Comment