Saturday 6 April 2013

Die son het geskyn!

Selfs al kon ons, sou ons net nie vanoggend wou laat slaap nie...die son het van vroeg af al net te heerlik deur die venster geskyn. Uiteindelik kon ek my tuinhandskoene gaan opgrawe uit die shed en in die tuin gaan werk en Juan kon uiteindelik 'n slag gras sny. Dit was so heerlik buite, ek het selfs my arms uit gehaal - die arme goed is so verblindend wit van heel winter in moue wegkruip, dit is iets vreesliks. Ongelukkig het die son niks gehelp met my wit arms nie, maar dit was baie lekker om buite saam in die tuin te werk. 

Die kwaliteit van die grond in my groei sakke is nog redelik goed, so ek het net so 25% vervang met nuwe kompos. Verder het ek dit aangevul met 'n lekker mengsel van bloed, been en vismeel. Ek het dit nog nie voorheen gebruik nie, maar dit is blykbaar baie goed vir gesonde wortel vorming en dit is goed om dit vroeg in Lente in jou grond in te werk voor jy begin plant. Blykbaar kan die reuk (wat ek nie glo deur mense geruik kan word nie) jakkalse lok - hopelik sal ons darm nie 'n probleem he nie, maar dit sal interessant wees om te sien. Ek verwonder my mos altyd aan die stads jakkalse. Enige stories wat jy hoor van mal koei siekte en been meel is sommer net nonsens, moet jou nie daaraan steur nie. Sal maar sien of dit vir my plante werk, but here is hoping!

Verder het ek ook vermikuliet (Vermiculite) ingewerk. Dit is goed om lug en water te absorbeer, sowel as nutriente, en dit dan weer stadig aan jou plant te voer wanneer hulle dit nodig het. My Ma het voorgestel dat ek eierdoppe inwerk en dit is 'n baie goeie idee. Grond is nie altyd baie ryk aan Kalsium nie, maar plante het dit baie nodig (veral tamaties - dit verhoed dat die tamatie blomme vrot en is goed vir gesonde selstruktuur) en dit maak dus 'n baie goeie verniet fertilizer. Juan is net bly om al die ou eierdoppe uit die kombuis te he.


Ek het toe ook al by plastiek bottels, mooi vol gaaitjies gesteek, begrawe in my hernude groeisakke en alles is nou mooi gereed om my plantjies te kom uitplant sodra die laaste frost van die jaar verby is. Ons het ook ontdek hoekom my wortels laas jaar nie so lekker gegroei het nie. Ons het agtergekom iets eet hulle, maar ons het nie geweet wat nie. So toe ons deur daai sak se grond werk het ons op 'n hele hand vol klein vet wit wurmpies afgekom - die het ons op die shed se dak gelos vir die Robin om te eet. Lekker! Juan het ook ons prieel opgesit - gereed vir komkommers, boontjies en spanspek. Ek kan net nie wag vir warmer weer nie...maar sal seker maar moet.

No comments:

Post a Comment