Sunday 10 February 2013

Waar het dit alles begin?

Die hele punt van Epsom toe trek was sodat ons 'n plek met 'n tuin kon bekostig. Ons wou eintlik maar net braai en 'n bietjie son vang. Toe ons hier ingetrek het, het hier beslis nie veel aangegaan nie. Nou is daar 'n dammetjie (wat die bure se katte fassineer) en plante en kleur!

In 2011 was daar net 3 plantjies - ek dink daar was 'n 'drie vir die prys van een' by 'n kwekery en ek wou 'skorsies' he. In 2012 het ons sommer 'n hoop dinge probeer - aarbeie, beet klein pampoene en wortels. Daar was tamaties wat ons hele voorste vensterbank toe gegroei het, saam met 'n paar peppers - ons kon nie meer die gordyne toe trek nie. Die murgpampoentjies het die beste gelewer en die beet was my gunsteling en het tot laat in die jaar nog ietsie te eet gebied. Ons het ook slaaiblare in ons slaapkamer vensterbank gegroei saam met spinasie - Juan het hulle gepluk terwyl hy so sit in die bed en dan vir hom 'n slaaitjie ingepak werk toe. Die eiervrug het niks gelewer nie, maar ons gaan weer probeer hierdie jaar. Die wortels het mooi begin, maar is almal deur die goggas opgeeet. Maar dit alles maak my sommer baie opgewonde vir die somer wat voorle. En groente is sommer baie lekkerder as dit vars uit die tuin uit kom. Sug!!

2 comments:

  1. Super - dink net an die groooot grond by die huis - jy sou kon plant to yoyr hearts delite

    ReplyDelete
    Replies
    1. Beslis - ek sou darm baie pampoene kon plant. :)

      Delete