Saturday 9 February 2013

Dinge om na uit te sien

Hierdie jaar het ons groot planne vir die klein tuintjie van ons. Ons huur, so ons kan nou nie gaan staan en die plek opgrawe nie, en ons het nie veel spasie om dinge in te groei nie, maar ons gaan sien wat ons kan uitrig. Die planne vir 2013 sluit in:

  • Aarbeie
  • Komkommer – ‘Miniature White Cucumbers’
  • Spanspek – ‘Minnesota Midget Melons’
  • Tamatie – ‘Latah Bush Tomato’
  • Murgpampoentjies – ‘Verdi di Milano’
  • Beet – ‘Sanguina’
  • Eiervrug – ‘De Barbentane’ Aubergine
  • Mangetout - Reuzensuiker
  • Slaai blare en spinasie
  • 
Dit sal nou ons derde jaar wees wat ons groente plant en elke jaar raak die projek groter en gaan dit beter (moet net nie met my praat oor wortels of uie nie). Ek kan nie wag nie – veral nie vir al die lekker eet nie. Vanoggend het my eerste bestelling vanaf The Real Seed Catalogue gekom met my baie spesiale tamatie, spanspek en komkommer saad. Die res van die saad is oorskiet van laas jaar en hopelik werk hulle nog lekker. Nou sal ek maar moet wag vir Maart sodat ek kan begin saai. Vreeslik as mens die dae so om wens. Komaan Lente!! 

No comments:

Post a Comment