Tuesday 7 May 2013

Swane, swem en skaapribs

Ek kla seker baie oor die weer hier, maar glo my, Engeland kan ook baie lekker wees. Maandag het ons 'n vakansie dag gehad en toe ek my oë oopmaak het ek sommer geweet dit gaan 'n uitstekende dag wees. Terwyl Juan nog gelê en slaap het, het ek gou opgespring om 'n picnic te pak - tuna broodjies, brownies, kaas en uie chips, water en koeldrank - en die tuin nat te gooi. Toe prop ek gou vir ons 'n piesang, koffie en Milo smoothie in (ja, dis seker meer 'n melkskommel) en vat ons die pad see toe.
 
Ons gunsteling strand is 'n redelik stil klippies strand naby Shoreham. Al die mense gaan altyd na nabygelëe Brighton, maar dit is 'n malhuis en ek is seker jy sal een of ander siekte optel as jy die water daar sou aandurf. Ons plekkie bestaan uit 'n reeks komme, so as jy moeite doen om verder te stap, kan jy altyd op 'n baie rustige area afkom.
 

Die oggend het mistig begin, wat beteken het dat ons op ons eie was vir die eerste uur en die beste klip op die strand kon vind om op tuis te raak. En wat sou ons sien in die mis op die stil grys waters? Ses wit swane. Ongelooflik! Dit was moelik om ordentlik fotos met ons fone te neem, maar hoop julle kan dit waardeer. Die water was so rustig en die omgewig so stil, dit was sommer 'n besonderse ondervinding.

 
Met die son wat net na middagete uigekom het, het ek dit ook gewaag om die eerste swem van die jaar aan te pak. Ek gaan nie jok nie, dit was nie warm nie, maar dit was heerlik verfrissend. Miskien sal Juan volgende keer kom saam swem as dit warmer is. Hy het maar lê en fotos neem vanaf die strand.

 
Ons het besluit om nie te lank te lê en braai nie, maar een van ons het wel 'n bietjie soos 'n kreef gelyk aan die einde van die dag. Ek gaan nie vingers wys nie, maar dit was nie ek nie. Haha! By die huis kon ons lekker braai en die laaste van die laat middag son geniet. Die skaapribbetjies, boerewors en braaibroodjies was die perfekte einde aan 'n heerlike naweek. Ek hoop daar lê nog sommer baie sulke lekker naweke vir ons hierdie Somer voor.

1 comment:

  1. Best Places To Bet On Boxing - Mapyro
    Where To Bet On Boxing. It's a sports betting event 메이피로출장마사지 in which you bet on the outcome of a game. In https://septcasino.com/review/merit-casino/ the boxing world, each player filmfileeurope.com must decide if or casinosites.one not to wooricasinos.info

    ReplyDelete