Friday 7 March 2014

RHS Wisley Wow!

Vandag het ek en Juan die dag afgevat om by RHS Wisley se 'Free Open Day' 'n draai te maak. Dit is een van Engeland se beste botaniese tuine en 'n belewenis. Wisley is in 1903 aan die Royal Horticultural Soceity geskenk en is 'n absolute pragtuin. Die Magnolias en Kamelias was in blom en die tuin het wonderlik soet geruik. 


Hulle het 'n uitstekende glashuis met die pragtigste orgidieë, kaktusse en tropiese plante. Op die oomblik het hulle selfs 'n gedeelte daarvan gebruik as 'n vlinderhuis. Ons moes omtrent toustaan om die vlinders te sien, maar hulle was pragtig en die tropiese afdeling waarin hulle gehuisves is, was soos iets uit 'n ander wêreld.


In die tuine self is die bolle aan die blom en het ons oral ons verwonder aan die pragtige daffodille en krokusse.


In groente tuine en vrugte boorde het ons baie interesante dinge gesien wat ons eendag self sal kan toepas in ons eie tuin. Die 'Alpine Display' was ook pragtig, met die aller pragtigste fyn berg plantjies - miniatuur wondere in hul eie reg.


Ons het omtrent ons voete deurgestap, en daar was so baie mense dat ons nie by een van die vele restaurantjies op die gronde 'n sitplek kon kry vir 'n bietjie lafenis nie, maar dit was dit werd om 'n lieflike vroeë lentedag in die vars lug en pragtige omgewing te kon deurbring.

3 comments:

  1. WATTER ONGELOOFLIKE VOORREG HET JULLE NIE GEHAD OM SO 'N LEKKER DAG IN DIE NATUUR DEUR TE BRING NIE. FOTOS ONGELOOFLIK MOOI. TKS VIR DIE KLEIN KYKIE IN JUL LAND.

    ReplyDelete
  2. Pragtige foto's veral van die skoenlappers!! W

    ReplyDelete
  3. Dankie - dit was pragtig - rerig gelukkig dat ons dit kon gaan sien.

    ReplyDelete