Saturday 10 August 2013

Needle Felting - Naald Vervelting

By my vorige werk, het sekere mense my daar so vervies dat ek die uiters bevredingende stokperdjie van Needle Felting (blykbaar Naald Vervelting in Afrikaans) opgeneem het. Needle Felting verwys na die kuns om 2D/3D voorverwerpe to maak deur gekamde wol herhaaldelik met ‘n spesiale gegroefde naald te steek totdat die wol gekompakteerd word in enige vorm waaraan jy kan dink. Dit is uiters bevredegend om die wol bolletjies so herhaaldelik te steek met die naald - veral as jou baas jou die dag die joos in gemaak het. En dit is ‘n lekker ding om jou mee besig te hou terwyl jy televisie kyk op lang winters aande. Wees maar net versigtig dat jou vingers nie in die slag bly nie, want daai naalde is uiters skerp. 




Dit is nie juis ‘n baie nuttige kunsvorm nie – die mees bruikbaarste goed wat ek tot dusver gemaak het, was kersversierings – maar ek geniet dit baie. Verder het ek ‘n klein hondjie gemaak, wat veronderstel is om soos Cara telyk (en wat by die werk op my lessenaar vir my sit en kyk) en ek het ook al ‘n paar ander diertjies gemaak, wat die huis rondstaan. My gunsteling skeppings tot dusver is ‘n hoop kleurvolle pampoene wat ek vir Halloween gemaak het. Baie mense maak ook juweliersware daarvan, maar eintlik doen mens dit maar net vir die pret. Die reuk en tekstuur van die wol is ook baie bevredigend en maklik om mee te werk – selfs al is jy nie juis baie kunstig nie.
 

Deesdae het ek maar min dinge wat my bloeddruk opjaag, maar ek hou steeds daarvan om so nou en dan al my pragtige gekleurde wolle uit te haal en iets te skep. Laas naweek was ek geinspireer deur al die pragtige skoenlappers wat in ons tuin rondspeel. Hulle is so vinnig dat ek en Juan skaars ‘n foto van een kon neem. Ek het Saterdag my tamaties opgebind sodat Juan die gras onder hulle kon sny en toe besluit ek om ‘n paar skoenlappertjies te maak om die bruin goingdraad te versier. Hulle is sommer net prettig en niks spesiaals nie, maar sit tog ‘n glimlag op mens se gesig as mens hul so sien rondwapper op die draad. Ek mag dalk nog ‘n paar moet maak, waarmee ek meer moeite sal doen.


 
As jy belanstel om Needle Felting te probeer, is daar hope goeie tutoriale op die internet – jy moet net die wol en die naald in die hande kry om mee te begin. Ek is nog ‘n absolute beginner so my werk is nou nie rerig ‘n goeie aanduiding van die pragtige goed wat jy kan maak nie, so gaan loer gerus na ‘n paar websites wat wys hoe dit gedoen word.

Hier is bevoorbeeld my voorstelling van Cara – rerig oulik vir my en ek het probeer om haar kolle getrou na te doen, maar steeds lyk dit meer soos ‘n tekenprent hondjie. Party mense is so goed, dat jy amper kan dink dit is ‘n regte hond.

 

2 comments:

  1. Aaaaaaaaaaaag is ou Caratjie nie te dierbaar nie. Jy sal vir my ook en moet maak vir wanneer sy eendag nie meer met haar ou warm lyfie teen my kan le nie Om te dink sy is al 12 jaartjies oud - geen wonder sy steun en kreun deesdae so baie nie. Sussie die goedjies wat jy maak is te sweet vir woorde. Sal maar vir my ook so iets moet kry om my besig te hou van 14 Okt af wanneer ek ook daai gevreesde ouderdom bereik.

    ReplyDelete
  2. Dankie! Kan nie glo sy is al so 'n ou honjie nie - maar sy lyk nog vir my of daar baie jare is.

    ReplyDelete