Monday 1 September 2014

Dis Heerlike...Herfs

Vandag sou ek terug in Suid-Afrika mense groet met 'n 'Gelukkige Lentedag', maar hier in Engeland is dit natuurlik vandag die begin van Herfs. Soos elke seisoen aanbreek, dink ek by myself dat ek eintlik die meeste van 'hierdie' seisoen hou. 

Met die begin van Winter sien ek so baie uit na die moontlikheid van sneeu en al die lekker rondlĂȘ. Wanneer Lente kom is ek weer moeg vir die lang winter en sien ek so baie uit na al die pragtige blomme wat oral opspring en die warmer weer. In Somer is my tuin vol groente en vat ek enige kans om in die see te gaan swem en in die son rond te stap. 

Ek kan nie onthou dat ek ooit veel gehou het van Herfs in Suid-Afrika nie, maar hier in Engeland is dit vir my spesiaal. Baie maal is die einde van die Somer maar nat en glad nie so lekker nie (soos hierdie jaar ook die geval was), maar dan word jy verras met 'n warm begin aan die herfs en is September een van die mooiste maande met sulke oop blou, windstil dae. Alhoewel dit al hoe kouer raak, raak die lug net al hoe blouer. In die lande staan alles ryp en gereed om in te bring vir die winter. Langs die paaie wat ek stap staan die appel- en peerbome vol ryp vrugte en die bosse vol bessies. My grasperk is op sy mooiste groen en my tamaties is bloedrooi. Mens voel hoe jy vanself rustiger raak en stilstaan om die wereld te bekyk.

Hierdie laaste twee paragrawe van Edgar Albert Guest se 'It's September', som so mooi op hoe ek voel:

It's September, and a calmness and a sweetness seem to fall 
Over everything that's living, just as though it hears the call 
Of Old Winter, trudging slowly, with his pack of ice and snow, 
In the distance over yonder, and it somehow seems as though 
Every tiny little blossom wants to look its very best 
When the frost shall bite its petals and it droops away to rest. 

It's September! It's the fullness and the ripeness of the year; 
All the work of earth is finished, or the final tasks are near, 
But there is no doleful wailing; every living thing that grows, 
For the end that is approaching wears the finest garb it knows. 
And I pray that I may proudly hold my head up high and smile 
When I come to my September in the golden afterwhile 


No comments:

Post a Comment